Kiosk: Gids vir leer

Studie is niks anders as 'n besit van die verstand nie
Thomas Hobbes,
1588 – 1679
English philosopher

Bestudeer gidse reeks

A.S.P.I.R.E. 'n stelsel vir studie

Approach/attitude/arrange
Benadering / gesindheid / beplanning

  • Benader jou studies positief
  • Beplan jou rooster só dat daar niks is wat jou aandag aftrek nie

Select/survey/study
Kies / kry ’n oorsig/vluglees

  • Kies ’n hanteerbare hoeveelheid studiemateriaal of ’n spesifieke hoofstuk
  • Kry ’n oorsig van die opskrifte, grafika, vrae wat vooraf en agterna gevra word
  • Vluglees die teks vir kernwoorde en woordeskat: merk wat jy nie verstaan nie

Put aside/piece together
Integreer die dele:

  • Sit jou boeke en aantekeninge eenkant
  • Integreer dit wat jy geleer het, óf op jou eie óf saam met ’n studeermaat óf –groep:
    som in jou eie woorde op wat jy verstaan

Inspect/investigate/inquire
Ondersoek/doen navraag/kontroleer

  • Ondersoek alternatiewe inligtingsbronne: ander handboeke, webblaaie, gesaghebbendes, tutors ens.
  • Vra hulp en bystand by professionele ondersteuningsvakkundiges, bv. akademiese ondersteuningspersoneel, bibliotekarisse, tutors, onderwysers, vakkundiges en ander bronne
  • Kontroleer wat jy nie verstaan het nie

Reconsider/reflect/relay
Herondersoek/dink na/dra oor
Herondersoek die inhoud/Dink na oor die materiaal/Dra begrip oor

  • Herondersoek:
    Watter vrae kan nog gevra word? Kyk ek iets mis?
  • Dink na:
    Hoe kan ek hierdie inligting op dít waarmee ek besig is, toepas? Is daar ’n nuwe toepassing vir die inligting?
  • Dra oor:
    Kan ek die inligting verstaanbaar aan my medestudente oordra/verduidelik? Sal hulle dit beter verstaan as ek dit verduidelik?

Evaluate/examine/explore
Evalueer / ontleed / ondersoek

  • Evalueer jou punte ten opsigte van toetse en take: stel vas of daar ’n patroon is
  • Ontleed jou vordering in terme van die bereiking van jou doelwit/-te
  • Ondersoek jou opsies: met ’n onderwyser, ondersteuningsvakkundige, tutor, ouer indien jy nie die gewenste resultate kry nie