Kiosk: Gids vir leer

Tid opdager sandheden
Annaeus Lucius Seneca
4 BCE - 65 AD
Roman philosopher/dramatist

Bestudeer gidse reeks

Afneem van notas Lees van akademiese materiaal

Die doel van die inligting is om jou te help om die belangrikste maarook die mees toepaslike idees, te identifiseer. As jy aan die begin van'n hoofstuk begin en regdeur lees tot aan die einde van die hoofstukgaan jou moed breek. Dit sal jou baie help as jy die volgende stappevolg:

  1. Kry 'n oorsig oor die hoofstuk. Kry eers 'n algehele oorsig oor wat die hoofstuk alles dek. Gewoonlikword die hooftemas in die inhoudsopgawe, hoofopskrifte en dieopsomming aan die einde van die hoofstuk gegee, sowel as in diestudiegids. Die stap behoort jou so tussen 5 en 10 minute te neem. Die leeruitkomste in die studiegids gee ook vir jou 'n aanduiding vanwat behandel gaan word en waarop die klem gaan val. Aan diebegin van elke eenheid, in die inleiding, word 'n kort oorsig oor diewerk gegee, asook die regte manier om die eenheid aan te pak. Nadat jy die eenheid voltooi het moet jy in staat wees om dieleeruitkomste aan die begin van die eenheid te beantwoord.
  2. Besluit wat belangrik is. Vra jouself af hoe die eenheid in die konteks van die hele semester sewerk inpas. Watter dele sien die fasiliteerder/dosent as diebelangrikste. Wat is in die studiegids aangedui as materiaal watbestudeer moet word, gelees kan word en uitgelaat kan word? Merkhierdie in jou handboek. Nou weet jy waarop om te konsentreer.
  3. Kry die hoofidees. Nou kan jy deur die hoofstuk lees, omdat jy weet waarop gefokus moetword. Jy kan ook die hoofidees identifiseer. Moenie elke hooffeit identifiseer nie: kry eerder een idee per paragraaf. Ek stem saam metjou dat daar soms meer as een hoofidee per paragraaf is. Dui dit dan so aan, maar jy sal meestal die ander feite kan onthou as jy diehoofidee kan onthou. Dui die hoofidee in jou teksboek aan deur dit teonderstreep en skryf dit in die kantlyn van jou teksboek. Robbins, Odendaal en Roodt (2003) help studente deur die belangrikstekonsepte in vet en skuins letters te druk.
  4. Grafieke, tabelle en sketse, en diagramme Grafieke, tabelle en sketse is daar om inligting uit te klaar. Hulle help jouom die inligting beter te verstaan. Die aktiwiteite in die studiegids hetdieselfde doelwit. As jy gevra word om bykomende materiaal te lees isdit om die werk beter te verstaan.

Moenie hierdie ondersteunende teks ignoreer nie!

Metodes om notas te neem Kom ons kyk kortliks na die verskillende maniere om notas af te neem, omdat jy dit gaan nodig kry in die deel wat volg. Notas is 'n opsomming van die teksboek. Dit stel jou in staat om vinnighersiening te doen en om vinnig 'n oorsig van die hoofidees te kry. Notas moet dus 'n kort opsomming van die hoofidees wees. Die ideaalis om vir 'n vraag wat 10 punte tel, net 10 kernfeite te hê. Jy kan notas op verskillende maniere maak. Jy moet besluit watter manier die besteby jou leerstyl pas.

Die twee hoofmetodes wat jy kan gebruik is die volgende:

  1. Liniêre notas Liniêre notas is meer doeltreffend as dit:
    • kernwoorde en frases bevat
    • gebruik maak van duidelike opskrifte, onderopskrifte, onderstreping, sirkels, diagramme, vloeitabelle en kleure
    • kantlyne het of in elke tweede lyn geskryf is sodat jy kan terugkeer na vorige dele van 'n lesing en bykomende inligting daarin kan skryf
    • kantlyne het waarin jy jou opmerkings en kritiek kan neerskryf. (Doen dit so dat jy kan onderskei tussen jou opmerkings en dié van die outeur of fasiliteerder) (Drew & Bingham, 1996).
  2. Breindiagramme of "Mind Maps" Die metode gebruik pyle en sirkels om kernwoorde te verbind. Ditmaak gebruik van 'n spreipatroon in alle rigtings, eerder as woordewat op die bopunt van die bladsy begin en na onder gaan.Dit lyk slordig, maar die inligting is vinnig en bondig verkrygbaar. Dit is ook makliker om die inligting oor te teken om dit later duideliker temaak (Drew & Bingham, 1996).
Vertaling: Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe, Universiteit van die Vrystaat