Kiosk: Gids vir leer

Konsentrasie is die ewige geheim van elke sterflike prestasie
Stefan Zweig, 1881 - 1942
Austrian/English author

Bestudeer gidse reeks

Konsentrasie tydens studie

Konsentrasie: die vermoë om jou denke te rig

Die kuns of praktyk van konsentrasie is om op die taak waarmee jy
besig is te fokus en afleidings te elimineer, ongeag of jy Biologie studeer
of 'n pot biljart speel. Ons almal het die vermoë om te konsentreer -
soms. Dink aan tye waar jy totaal verdiep was in iets wat jy geniet het:
'n sport, musiek, 'n goeie speletjie of 'n fliek. Totale konsentrasie.

Maar ander kere

  • Spring jou gedagtes van een onderwerp na 'n volgende
  • Lei jou bekommernisse jou aandag af
  • Neem ander afleidings jou weg van jou taak en voor jy jou oë
    uitvee
  • Is die inhoud vervelig, moeilik en/of oninteressant vir jou.

Die volgende wenke mag help. Dit het betrekking op

  1. Wat jy kan beheer wanneer jy studeer
  2. Beste praktyke

Wat jy kan beheer wanneer jy studeer

"Dit is waar ek studeer"

  • Kry 'n spesifieke spasie, stoel, tafel, lig en omgewing
  • Vermy jou selfoon of telefoon
  • Sit 'n kennisgewing op dat jy nie gepla of onderbreek mag
    word nie
  • Dis reg as jy hou van musiek in die agtergrond, maar
    moenie dat dit jou aandag aflei nie (navorsing ten opsige
    van produktiwiteit met musiek teenoor stilte is
    onoortuigend).

Bly by 'n geroetineerde, doeltreffende studierooster

  • Maak voorsiening vir dag/nag energievlakke
  • Stel doelwitte vir jouself en stel 'n rooster op

Fokus

  • Voor jy begin studeer, gebruik 'n paar minute om enkele
    doelwitte op te som, maak alles wat jy nodig het
    bymekaar en dink aan 'n algemene strategie om alles af
    te handel.

Insentiewe

  • Skep 'n insentief, indien nodig, vir wanneer 'n taak
    suksesvol afgehandel is. Byvoorbeeld, bel 'n vriend, eet
    iets lekkers, gaan stap 'n ent, ens.
  • Kry 'n spesiale insentief vir buitengewone projekte soos
    werkstukke, ontwerpprojekte of lang boekoorsigte.

Verander van onderwerp

  • Verander die vak wat jy studeer elke een of twee ure
    sodat daar verskeidenheid in jou studierooster is.

Verander jou studie-aktiwiteite

  • Wissel lees af met meer aktiewe leeroefeninge
  • Vra jouself hoe jy jou aktiwiteitsvlak kan verhoog wanneer
    jy studeer. Miskien sal dit beter wees om in 'n groep te
    studeer, of dalk om studievrae te formuleer.

Neem gereelde, geskeduleerde ruskanse wat jou pas

  • Doen iets anders as dit waarmee jy besig was (bv. loop
    rond as jy gesit het) en in 'n ander ruimte

Belonings

  • Gee jouself 'n beloning wanneer jy 'n taak afgehandel
    het.

Beste Praktyke

  • Binne 'n paar dae behoort jy 'n verbetering te sien,
    maar soos enige praktyk sal daar hoogtepunte, gelyke areas en 'n paar laagtepunte
    wees.
  • Dit sal ander aktiwiteite wat jy aanpak bevoordeel!

Continuation in English:
Be here now | Worry time | Tally Card | Energy level | Visualize

Interactive exercises in Engish

Vertaling: Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe, Universiteit van die Vrystaat