Kiosk: Gids vir leer

Hy wat baie gesien het, sal baie onthou het
Jean de la Fontaine,
1621 - 1695
French poet

Bestudeer gidse reeks

Memorisering

Hoe om jou geheue doeltreffend te gebruik

Die volgende tegnieke en oefeninge gebruik assosiasies met letters, beelde, kaarte, ens. om jou te help onthou. Soos wat jy deur die lys van tegnieke werk, dink aan strategieë wat jy sal kan gebruik! Sommige mense gebruik letters, ander beelde, selfs liedjies. Jy kan besluit hoe gemaklik jy met elkeen is, of hoe gepas elkeen vir jou en jou manier van dink is!

Akronieme 'n Akroniem is 'n uitgedinkte kombinasie van letters.
Elke letter is 'n leidraad na, of verwys na, 'n item wat jy moet onthou.

PEMDAS, 'n volgorde wat gebruik word in die oplossing of evaluering van wiskundige
vergelykings
Parenthesis | Exponents | Multiplication | Division | Addition | Subtraction

ROG G. BIV, die kleure van die sigbare spektrum
Rooi, Oranje, Geel, Groen, Blou, Indigo, Violet

IPMAT, die stadiums van selverdeling
Interphase, Prophase, Metaphase, Anaphase, Telephase

Naamverse
'n Naamvers is 'n uitgedinkte sin of rympie waar die eerste letter 'n leidraad is:
Die eerste letter van elke woord is 'n leidraad na 'n idee wat jy moet onthou.

Please Excuse My Dear Aunt Sally (PEMDAS, bo)
Volgorde wat gebruik word om wiskundige vergelykings op te los of te evalueer
Parenthesis | Exponents | Multiplication | Division | Addition | Subtraction

Every Good Boy Deserves Fun 'n Naamvers om 'n volgorde van musieknote te onhou (G-sleutel note op bladmusiek)--E, G, B, D, F

Rymsleutels (vir geordende or ongeordende lyste)
Memoriseer eers die sleutelwoorde wat met die nommers geassosieer kan word.

Byvoorbeeld: bun = one; shoe = two, tree = three, door = four, hive = five, etc. Skep 'n beeld van die item wat jy moet onthou met die sleutelwoorde. Vier basiese voedselgroepe - suiwelprodukte; vleis, vis en hoender; graanprodukte; en vrugte en groente Dink aan kaas op 'n "bun" (one), pluimvee met "shoes" (two), 'n sak graan wat hang in 'n "tree" (three) en 'n "door" na 'n kamer vol vrugte en groente (four).

Plasingsmetode (vir ongeveer twintig items)
Kies enige area waar jy baie tyd spandeer en wat jy goed ken.
Hierdie metode werk veral goed vir kinestetiese leerders!

Verbeel jou dat jy deur die area loop en spesifieke, duidelike plekke uitsoek - die deur, die bank, yskas, rak, ens. Verbeel jou dat jy die items wat jy moet onthou in elk van hierdie spasies plaas soos wat jy deur die area met 'n direkte roete loop. Dis belangrik dat jy 'n standaard, direkte padjie en duidelike spasies vir die items identifiseer, ten einde die herroep van hierdie items te kan fasiliteer. George Washington, Thomas Jefferson en Richard Nixon. Verbeel jou jy loop na jou voordeur toe en daar is 'n dollar-noot (met George Washington se gesig op) wat in die deur vassit; as jy die deur oopmaak, sit Jefferson op die bank en Nixon eet iets uit die yskas.

Die sleutel woord-methode
(vir die aanleer van woordeskat in 'n vreemde taal)

Dink eers aan die vreemde woord wat jy moet onthou en kies 'n sleutelwoord in jou eie taal wat klink soos die vreemde woord. Nou moet jy dink aan 'n beeld wat die sleutelwoord en die betekenis van die vreemde woord in jou eie taal insluit. Byvoorbeeld, neem die Spaanse woord "cabina" wat "telefoonhokkie" beteken. Die Engelse sleutelwoord wat jy kan gebruik is "cab in a ... ." Dink aan 'n "cab" wat in 'n telefoonhokkie probeer pas. Wanneer jy die woord "cabina" in 'n toets sien, behoort jy die beeld te kan herroep en daarmee ook die definisie van telefoonhokkie.

Die beeld-naam tegniek: (om name te onthou)

Dink aan 'n verhouding tussen die naam die fisiese eienskappe van die persoon. Byvoorbeeld, indien jy Shirley Temple se naam moes onthou, kan jy haar naam in jou gedagtes vaslê deur op te let na haar "curly" (rym met Shirley) hare.

Kettingmakery:
(vir die ordening van ongeordende lyste)

Skep 'n storie waar elke woord of idee wat jy moet onthou 'n leidraad na die volgende idee wat jy moet onthou verskaf. As jy die woorde Napoleon, oor, deur, en Duitsland moet onthou, kan jy 'n storie uitdink van Napoleon wat met sy oor teen 'n deur luister na mense wat Duits praat.

Vertaling: Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe, Universiteit van die Vrystaat