Kiosk: Gids vir leer

Die mate van beskawing in 'n samelewing kan beoordeel word deur sy tronke binne te gaan.
Fyodor Dostoevsky,
1821 - 1881
Russian author

Bestudeer gidse reeks

Netiket: Elektroniese kommunikasie

Dit is uitdaging om duidelik op die Internet te kommunikeer sonder dat daar misverstande ontstaan. Een van die probleme is die feit dat jy nie gesigsuitdrukkings, liggaamstaal of die omgewing kan gebruik om jou te help om jou boodskap oor te dra nie. 'n Ander probleem is dat daar min "gee en neem" is wat ook die skepping van betekenis verhinder.

E-pos en e-gesprekke

  1. Wees Duidelik
    Maak seker dat die onderwerpreël (e-pos) of titel (webblad) die
    inhoud weerspieël.
  2. Gebruik toepaslike taal
    As jy wonder of jy te emosioneel in 'n boodskap voorkom, moenie dadelik die boodskap stuur nie. Stoor dit eers en besluit later daaroor. Onthou: niemand kan jou bui raai of jou gesigsuitdrukking sien nie. Al waarop hulle jou boodskap beoordeel is die woorde wat jy gebruik en woorde kan die teenoorgestelde uitdruk van dit wat jy werklik voel.
  3. Moenie heeltyd hoofletters gebruik nie - dit beteken dat jy skree of gil!
  4. Wees kort en kragtig
    As jou boodskap kort is, sal mense meer geneig wees om dit te
    lees.
  5. Maak 'n goeie indruk
    Jou woorde en inhoud verteenwoordig jou; lees/redigeer jou
    woorde en beelde voordat jy dit stuur.
  6. Wees selektief
    ten opsigte van die inligting wat jy in 'n e-pos of 'n webwerf insluit. Inligting wat op die Internet verskyn is baie openbaar en kan deur enige persoon in die wêreld gesien word, ingeslote misdadigers, voornemende werkgewers en regerings.
  7. Stuur e-posse wat jy ontvang slegs aan
    wanneer jy die persoon wat dit vir jou gestuur het se toestemming het.
  8. Onthou, jy is nie anoniem nie
    Wat jy in 'n e-pos of op 'n webwerf skryf, kan na jou toe teruggelei word.
  9. Gehoorsaam wette op Kopiereg
    Moenie ander se beelde, inhoud, ens. sonder toestemming gebruik nie. Moenie e-posse aanstuur of die inhoud van webwerwe gebruik sonder om toestemming te kry nie.
  10. Gee erkenning indien jy 'n ander se werk gebruik
  11. Moenie varkpos ("spam") aanstuur nie
    Varkpos ("spam") is die e-pos van ongevraagde pos, dikwels advertensies, na 'n wye gehoor ('n mens kan dit ook as elektroniese gemorspos ("junkmail") beskou).
  12. Moenie kettingbriewe aanstuur nie
  13. Moenie reageer op vlampos ("flaming") of persoonlike aanvalle nie
    Moet nooit driftige boodskappe (mens noem dit vlampos of "flaming") stuur nie, selfs al word jy uitgelok. Moet ook nie verbaas wees as jy vlampos ontvang nie, en onthou dit is wys om
    nie op vlampos te reageer nie.

Geskeduleerde klets-sessies

  1. Gebruik bo- en onderkas en behoorlike leestekens, soos wat jy sou doen as jy 'n brief skryf en pos.
  2. Kom sowat 5 - 10 minute voor die geskeduleerde tyd in die virtuele klaskamer bymekaar. Jy kan die tyd gebruik om oor ditjies en datjies te gesels en algemene vrae te vra.
  3. Op die geskeduleerde tyd sal die dosent die onderwerp vir die aand aankondig. Hierna word van studente verwag om by die onderwerp onder bespreking te bly.
  4. As jy nie 'n klets-sessie kan bywoon nie, moet jy die dosent vooraf per e-pos in kennis stel.
  5. As jy laat inkom, moenie eers almal groet of verskoning maak nie. Moenie vra wat die onderwerp onder bespreking is nie. Wag totdat jy die trant van die gesprek agterkom het en maak dan 'n bydrae waar nodig. Dit is baie belangrik, aangesien jy die persoon wat op daardie tydstip 'n spreukbeurt het, sal onderbreek.
  6. As jy 'n vraag vir die dosent het, wat nie verband hou met die onderwerp onder bespreking nie, wag vir 'n toepaslike tyd om dit te vra. Moet dit nie in die middel van 'n bespreking vra nie. Indien daar nie 'n toepaslike tyd is nie, e-pos die vraag na die tyd aan die dosent.
  7. Moenie 'n private gesprek, of 'n argument met 'n ander student begin terwyl die sessie aan die gang is nie.
  8. Indien daar niemand in die kletskamer ("chat room") is nie sal die dosent slegs vir 10 minute wag.
  9. Groet altyd jou mede-studente as die sessie klaar is en wag ook
    dat ander jou groet voordat jy die sessie beëindig.
Vertaling: Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe, Universiteit van die Vrystaat