Kiosk: Gids vir leer

Ons los probleme op en besluite neem elke dag/heeldag
Kiosk

Bestudeer gidse reeks

Probleemoplossings-vardighede

Alle mense ervaar probleme.
Om die waarheid te sê, dis deel van die alledaagse lewe om probleme te hê wat opgelos moet word,
keerdatums wat bereik moet word en werkstukke wat afgehandel moet word.

Soms is dit nie genoeg om bloot ‘n oplossing vir ‘n probleem te vind nie.
Dit moet natuurlik ook ‘n goeie oplossing wees. Dis belangrik om positief te bly by die oplossing van probleme. Die volgende diagram toon ‘n sistematiese wyse om probleme op te los.

  1. Probleem
    Identifiseer die probleem
  2. Resultaat
    Wat moet die uitkoms wees?
  3. Open 'n leêr
    Versamel inligting
  4. Dinkskrum/kreatiewe denke
    Lys soveel opsies as moontlik
  5. Bestudeer of analiseer
    Kyk na al die voor- en nadele
  6. Evalueer
    Kies die beste opsie en berei ‘n plan van aksie voor

Hersien die
plan indien nodig

ì

í

Voer die
plan uit
  1. Maak seker dit het gewerk
    Vergelyk die resultate van jou aksie met die voorgestelde uitkomste

Probleem
Die eerste stap is om die probleem te identifiseer en vas te stel watter tipe probleem dit is. Dikwels is dit aanloklik om na oplossings te gryp wat vinnig of maklik lyk, voordat jy die probleem van alle kante beskou het.

Resultaat
Dit is belangrik om te beskryf wat jy wil bereik deur die probleem op te los. Hier is dit belangrik om te spesifiseer hoekom jy die probleem wil oplos en wat die uitkoms moet wees. Jy moet ook bepaal hoe jy sal weet dat die oplossing suksesvol was. Maak seker dat dit iets is wat jy maklik kan meet.

Open 'n leêr
Onthou, hoe wyer jou kennis van die saak rondom die probleem, hoe beter is jou kans om ‘n suksesvolle oplossing te vind. Dink wat weet jy reeds en raadpleeg ander mense vir hulle idees. Daar is baie vrae wat jy kan vra om die versameling van inligting op koers te hou. Dit sluit in:

  • Wie het nog die probleem?
  • Wie het groter behoefte daaraan om die probleem op te los as ek?
  • Wat weet ek hieroor?
  • Wat kan hieraan verander word?
  • Waar pas dit in die groter prentjie in?
  • Watter aannames maak ek daaroor?
  • Hoekom dit ‘n probleem? Is dit ‘n gebrek aan vaardigheid, kennis of beplanning?
  • Wie sal beïnvloed word deur my pogings om die probleem op te los?

Dinkskrum
Wanneer jy tevrede is dat jy genoeg inligting versamel het om mee te werk, is jy gereed om kreatief oor oplossings te dink. Onthou asseblief dat jy nie op hierdie punt ophou om inligting te versamel nie. Soos wat jy vorder sal nuwe insigte, moontlikhede, idees of hulpbronne na vore kom. ‘n Sistematiese raamwerk sal jou help om jou planne tot uitvoering te bring. Dink kreatief oor opsies en probeer aan soveel as moontlik opsies dink. Wees so oorspronklik, laf of ernstig as wat jy wil.Skryf almal neer, maak nie saak hoe buitensporig of buitengewoon dit is nie.

Oorweeg die gevolge
Nou dat jy soveel moontlikhede as wat jy aan kon dink neergeskryf het (jy kan altyd later nog byvoeg), is jy gereed om die voor- en nadele van elke opsie krities te beskou. Wanneer jy dit doen, is dit belangrik om jou waardes, sowel as die kort- en langtermyn gevolge vir jouself en ander te oorweeg. Dit is handig om ‘n tabel te trek wat al die opsies aan die linkerkant lys met die belangrikste voor- en nadele van elke opsie reg langsaan. Dit stel jou in staat om die probleem holisties te beskou. Dit is ook belangrik om plek te laat waar jy die voor- en nadele kan evalueer.

Evalueer en voer uit
Nadat jy jou analise voltooi het, is jy gereed om die voor- en nadele te evalueer en om die beste oplossings te kies. Dit is belangrik om in jou evaluering te oorweeg hoe maklik of moeilik jou oplossings mag wees om te implementeer. Evalueer jou gekose oplossing in terme van die moontlike negatiewe en positiewe gevolge vir jouself en ander in die
kort- en langtermyn, sowel as die tyd, energie en koste betrokke. Besluit dan en lys elke stap wat nodig is om jou oplossing te implementeer. Wees spesifiek oor wat, wie, wanneer, waar en hoe. Verdeel jou aksieplan in klein, hanteerbare take. Begin met die klein takies. Begin dadelik.

Maak seker dat die plan gewerk het
Geen plan is perfek nie, so dit mag nodig wees om aanpassings te
maak soos wat jy vorder. Daarom is dit belangrik om jou vordering te
monitor. Met elke stap is dit nodig dat jy bepaal of jy nog jou doelwit
gaan bereik. Uiteindelik, wanneer jy al die stappe voltooi het, vra
jouself of jou probleem opgelos is, of jy gelukkig is met die resultaat en
of jy die situasie nog verder wil verbeter.